Welkom by Graan SA Radio gedryf deur OFM!

Welkom by Graan SA Radio gedryf deur OFM!

NAMPO-Oesdag wat die landbou-industrie al vir amper ses dekades bymekaar bring, moes ongelukkig vir die eerste keer in die geskiedenis deur die organiseerders, Graan SA, gekanselleer word. Dit beteken egter nie dat produsente vanjaar die nuutste tegnologie gaan misloop nie.  Die goeie nuus is dat die 2020 NAMPO-Oesdag wat vir die 54 ste keer aangebied word, vanjaar virtueel gaan plaasvind! 

Die virtuele Nampo wat van 9-12 September 2020 aangebied sal word, sal nie net anders, opwindend en innoverend wees nie, maar sal steeds produsente, verskaffers en landboukollegas met mekaar en met hul gunsteling uitstallers in aanraking bring, en die deur oopmaak na ‘n rykdom van aanlyn inligting en skakeling met ander industrie-organisasies vanoor die hele wêreld. Grain SA gaan vanjaar die grootste privaatgeorganiseerde landbou-handelskou omtower in ‘n interaktiewe aanlyn ervaring. 

Boonop sal die NAMPO virtuele platform verlengde bedryfsure bied en uitstallers sal daagliks van 09:00 tot 19:00 beskikbaar wees, asook Saterdag tot 14:00.  Besoekers sal deur middel van ‘n foon, tablet of rekenaar en hul internetblaaier kan inskakel en deelneem aan die gebeure. 

NAMPO Oesdag se digitale teenwoordigheid gaan met ‘n spinternuwe baadjie spog, maar die virtuele skou sal steeds alles bied wat die besoeker by die tradisionele Nampo sou vind. 




Oor ons

Graan SA Radio, gedryf deur OFM is die innovasie van Graan SA tesame met OFM, die klank van jou lewe. Die radiostasie, is die amptelike stem van die jaarlikse NAMPO Oesdag.

OFM se goed gevestigde en professionele aanbieders is die stemme agter die klank van een van die Suidelike Halfrond se grootste landbou uitstallings. 

Vir meer oor NAMPO Oesdag besoek www.nampo.co.za

Ons span

Die uitsaaispan van Graan SA Radio sluit gevestigde name van die OFM omroeperspan in. Die ondersteuningspan sluit in Tim Thabethe (bestuurder) en tegniese span wat bestaan uit Lawrence Cox en Jan van der Walt. Central Media Group hoof-uitvoerende beampte, Nick Efstathiou, en Kommersiële Dienste Bestuurder by Graan SA, Toit Wessels, is die dryfkrag agter die inisiatief en gesamentlike onderneming.



Advertensie

Alle lugtyd verkope word namens Graan SA Radio bestuur deur die Central Media Group t/a OFM. 

In 2020 sal daar egter nie tradisionale verkope kan plaasvind nie. Kontak OFM se Verkoopsbestuurder vir meer inligting:


Anchen Lintvelt: 

Verkoopsbestuurder:  OFM
E-pos adres: anchen@ofm.co.za
Telefoon: 051-5050900




Op Die Lug

14 Mei 2019



15 Mei 2019


16 Mei 2019



17 Mei 2019


Kontak ons

Graan SA
E-pos adres: navrae@grainsa.co.za
Telefoon: 08600 47246

Mnr Toit Wessels
Assistent Bestuurder; NAMPO & Bemarking
E-pos adres: toit@grainsa.co.za
Telefoon: 08600 47246

Graan SA Radio
Stasie Bestuurder
Tim Thabethe
E-pos adres: tim@ofm.co.za
Telefoon: 051 5050 900

Roetekaart

Klik om te vergroot

Besoekers aan Nampo kan gebruik maak van een van die volgende paaie / roetes:
  • R76
  • R713
  • R727